VRYDAG 27 NOVEMBER
19:00
Braai
Kos sal verskaf word. Ons het 'n paar drankies beskikbaar, maar julle is welkom om ligter drank saam te bring vir die aand.
Uitnodiging
28 November 2026
De Uijlenes
Gansbaai, Wes-Kaap
Seremonie
Stiptelik om 15h30
Arriveer vanaf 15h00
RSVP ASSEBLIEF VOOR 15 SEPTEMBER 2026
Die Program
VRYDAG 27 NOVEMBER
19:00
Kos sal verskaf word. Ons het 'n paar drankies beskikbaar, maar julle is welkom om ligter drank saam te bring vir die aand.
SATERDAG 28 NOVEMBER
15:30
Arriveer vanaf 15:00. Vind asseblief jou sitplek teen 15:15.
SATERDAG 28 NOVEMBER
16:15
SATERDAG 28 NOVEMBER
18:15
SATERDAG 28 NOVEMBER
Middernag
Fotoalbum
Fotoalbum
Marco & Claudia
Blaai om te begin →
Ons Storie
Ons storie het begin in 2020, in die middel van Covid, toe twee vriendegroepe besluit het om ná die November-eksamens saam vakansie te hou in Stilbaai — ’n kans om bietjie weg te kom en asem te haal na ’n vreemde jaar.
Een aand het die groepe bymekaar gekom vir ’n braai, en dit is waar Claudia & Marco mekaar vir die eerste keer ontmoet het. Wat begin het as ’n gewone kuier, het vinnig ontwikkel in 'n spontane vriendskap. Teen die volgende dag het hul al ure saam deurgebring, gelag en mekaar beter leer ken. Selfs ’n simpel “jelly-balletjie” was vir ’n dag lank hul aangenome kind en moes na gekyk word tussen die twee van hul.
Toe die vakansie eindig, skaars uit Stilbaai, het Claudia n Instagram boodskap ontvang waar daar gevra word vir haar bankkaart en CVV nommer. In plaas van haar kaartnommer, toe stuur sy eerder n veiliger nommer - haar selfoonnommer. En so was die res geskiedenis.
Ses jaar later is hul hier, gereed om ’n lewe saam te bou. Nie net gebaseer op daardie eerste ontmoeting nie, maar op alles wat daarna gekom het en alles wat nog voorlê.
Praktiese Notas
Grootbos Private Nature Reserve
15 min ry
Gansbaai gastehuise
20 min ry
Stanford dorp
40 min ry
Goue Uur Tuin Partytjie
Ons nooi julle om saam met ons ’n sagte, romantiese atmosfeer te skep vir die dag - lig, vars en moeiteloos elegant.
Dames
Midi- of vollengte somerrokke in vloeiende materiale en ligte teksture. Sagte pastelkleure en warm, sonsondergangs skakerings sal pragtig inpas.
Mans
Swart broeke of chinos met ’n neutrale knopies-hemp. Ligter kleure en sagte pastelle pas mooi by die gevoel van die dag. Dasse is opsioneel.
Om die sagte, samehangende somer gevoel te behou, verkies ons dat neon en donker kleure en enige besige patrone vermy word. Geen jeans asseblief! Sien hieronder vir inspirasie.
Al is ons baie lief vir jul kleintjies, sal die geleentheid slegs vir volwassenes wees. Ons hoop dit gee vir julle die geleentheid vir ’n lekker aand uit.
Om ons spesiale dag intiem te hou, is die uitnodiging slegs vir die genoemde gas(te).
RSVP